Onderwysstudent kritiek nadat hy in kop geskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onderwysstudent van KwaZulu Natal is kritiek naday hy Dinsdagoggend geskiet is.

Paramedici van Emer-G-Med en Netcare 911 is om 08:00 na ‘n toneel ontbied by ‘n skool in die Nuweland-Wes-omgewing.

By aankoms op die toneel is ‘n man van ongeveer dertig jaar oud gevind waar hy langs ‘n voertuig in die pad gelê het.

Die man het’n enkele skietwond in die kop gehad.

Noodsorgpraktisyns het gewerk om die man te stabiliseer voordat hy vinnig per ambulans na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg vervoer is.

Die omstandighede oor die voorval en die gebeure wat dit voorafgaan het, is onduidelik en sal die onderwerp van ‘n SAPD-ondersoek vorm.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.