Vermeende skietvoorval in Belgravia het inwoners op hol

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vermeende skietvoorval het vanoggend vroeg in Belgravia in Kimberley plaasgevind.

Dodds Pringle, direkteur by Scorp Security, sê hy het om 05:57 ‘n oproep ontvang oor ‘n beweerde skietvoorval in Rendleshamstraat in die area.

“Om 06:08 was ek op die toneel, maar daar was geen verdagtes of slagoffers op die toneel nie.”

Pringle sê hy het met van die inwoners wat toe buite was, gepraat. “Hulle het vir my ‘n beskrywing gegee van die verdagte en ek het onmiddellik gery en hom probeer opspoor. Ek kon hom ongelukkig nie opspoor nie.”

Pringle sê hy is daarna terug na die toneel na hy die polisie van die situasie ingelig het. Omdat dit toe ligter was, het hy ‘n sleutel en ‘n paar druppeltjies bloed op die toneel gekry.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.