Die pa van oud-Springbok Bryan Habana, Bernard Habana, is Maandag in verband met beweerde bedrog in hegtenis geneem.
Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het bevestig Bernard is Maandag 30 Mei in hegtenis geneem. Hy het dieselfde dag nog in die Randburg-landdroshof verskyn.
Bernard is in 2018 ook daarvan beskuldig dat hy en Sesegolo Makgekgenene meer as R1 miljoen by die direkteur van Kwanza General Trading, Nancy Karimi, gesteel het.
Volgens City Press het Bryna sy pa in 2010 as sy bestuurder afgedank omdat hy ook glo van hom gesteel het.
Bernard is R1 000 borgtog toegestaan en die saak in die Randburg-hof is uitgestel.



