Motoris in moeilikheid na hy kortpad oor spoorweg probeer vat

Deel hierdie storie / Share this story

Sosiale mediagebruikers was nie beïndruk met die bestuurder wat Sondag besluit het om ‘n kortpad te neem deur op ‘n spoor te ry nie. Sy motor het vasgesit en is deur ‘n aankomende trein getref.

Die voorval het op die Kransfontein-spoorlyn in Bethlehem in die Vrystaat plaasgevind.

Die bestuurder van ’n Toyota Fortuner het na bewering die N3 probeer vermy omdat daar ‘n ongeluk was.

Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, ao Mmako Mophiring, het die voorval Sondag omstreeks 17:00 plaasgevind.

“Die bestuurder wou ‘n kortpad na KwaZulu-Natal neem, aangesien daar ‘n ongeluk op die N3-hoofweg was en die verkeer erg was. Hy het besluit om op die spoorlyn te ry,” het Mophiring gesê.

Mophiring sê volgens die bestuurder van die trein het hy “getoet” toe hy die voertuig sien.

Daarna het die trein in die voertuig, wat in daardie stadium geen insittendes gehad het nie, vasgery.

Die bestuurder van die trein het die polisie gebel om die saak aan te meld. Mophiring het gesê die insittendes van die voertuig was nêrens te vinde nie. Niemand is in die voorval beseer nie.

Die polisie het sedertdien ‘n ongeluksverslag geregistreer. Transnet het intussen die onverantwoordelike en gevaarlike gedrag van die bestuurder veroordeel.

Transnet-woordvoerder, Mike Asefovits, het gesê die saak is by die polisie en spoorwegveiligheidsreguleerder geregistreer. Die motoris word van onregmatige betreding en derdeparty-skade aangekla.

Bronne: MSN, Newschant

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: Arthur Fraser lê aanklagte van R60 miljoen, diefstal en ontvoering teen Cyril Ramaphosa