Chevonne vandag begrawe

Deel hierdie storie / Share this story

Die tweejarige Chevonne Rusch, wat na bewering deur haar ma sê kerêl mishandel en vermoor is, word Donderdagmiddag begrawe.

Slegs genooide familie en vriende word in die kapel toegelaat.

Daar was vroeër komplikasies met haar begrafnis omdat haar ma, Rochelle Botha, haar glo nooit met geboorte geregistreer het nie.

Indien jy die begrafnis aanlyn wil kyk, die skakel sal op die “Voice for Chevonne Rusch” wees.