Griekwaland-Wes rugbyunie moeg vir afknou van skeidsregters

Deel hierdie storie / Share this story

Toeskouer-beheer is die enigste uitweg vir plaaslike amateurwedstryde, sê Griekwaland-Wes-rubgyunie (GWRU).
Monte Engelbrecht, voorsitter van GWRU, het hom sterk uitgespreek teenoor skole en klubs wat hulle daaraan skuldig maak dat skeidsregters verbaal, fisies en emosioneel afgetakel word.
Dié skrywe kom na verskeie voorvalle in die twee laaste maande waar skeidsregters fisies aangerand is en selfs met ’n wapen gedreig was. Verskeie skeidsregters het die laaste eindfluitjie geblaas en is nie verder vir amateurrugby beskikbaar nie. Barbare wat hulself as toeskouers voordien was ‘n direkte gevolg hiervan.
Engelbrecht noem in sy skrywe dat streng maatreëls voortaan toegepas moet word voordat enige wedstryde mag plaasvind en dat skeidsregters die mandaat het om wedstryde te stop indien daar nie aan die reël voldoen word nie.
Die voorwaardes, wat uit meer as agt reëls bestaan, word voorskriftelik en met erns deur die president aan skole en klubs voorgehou.
Die unie hou egter vol dat die indien van verslae deel van die oplossing sal wees om enige negatiewe gedrag teenoor skeidsregters te voorkom.

Dit volg nadat vier afsonderlike voorvalle van dreigemente en aanvalle op skeidsregters plaasgevind het. Lees die vorige berig hier.
Sien Griekwaland Wes Rugby Unie se brief hier: