Seun wat glo ma se ‘bloed gedrink’ het nadat hy haar na bewering vermoor het, laat vaar borgtog

Deel hierdie storie / Share this story

Die 24-jarige man wat na bewering sy ma doodgesteek en haar bloed gedrink het, sal in polisieaanhouding bly tot sy volgende hofverskyning in Julie.

Thabang Moswane het in die Koster-landdroshof op aanklag van moord verskyn. Hy het sy aansoek vir borgtog laat vaar en sy saak is tot 7 Julie 2022 uitgestel vir verdere ondersoek.

Op 9 Mei 2022 is die Boons-polisie na die gru-moordtoneel in Mathopestad ontbied.

Berigte het aangedui dat die ma Kedisaletse Elizbeth Moswane (53) en haar seun op genoemde dag baklei het.

“Met aankoms op die toneel het die polisie Kedisaletse se liggaam met talle steekwonde in ‘n hut gevind. Die polisie is ingelig dat Thabang glo gesien is waar hy sy ma se bloed drink nadat hy haar gesteek het,” het die nasionale vervolgingsgesag se streekwoordvoerder, Henry Mamothame, gesê.

Bronne: The South African, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Fetus van babaseuntjie gevind by ‘n onwettige stortingsterrein