’n Fetus van ’n babaseuntjie is Maandagoggend by ’n onwettige stortingsterrein in Kariega gevind.
Volgens kaptein Andre Beetge, polisiewoordvoerder, is die liggaam van ‘n klein manlike fetus Maandagoggend om 10:00 ontdek.
“Die polisie in Kwanobuhle is in kennis gestel van ’n oop stuk veld op die hoeke van Ponana Tinistraat en Mondilestraat, Kwanobuhle waar die oop veld gereeld deur persone in die area as ’n onwettige stortingsterrein gebruik word.”
Beetge het gesê ‘n geregtelike doodsondersoek is by die Kwanobuhle SAPD geopen en die liggaam is na die Gelvandale-lykshuis verwyder, waar ‘n nadoodse ondersoek gedoen sal word om die oorsaak van dood te bepaal.
“Die polisie is op soek na getuies en inligting oor wie die ma van die ongebore baba of fetus is om vas te stel in watter omstandighede die ongebore bababeland het waar dit gevind is.”
Bronne: MSN, Newschant
Volg FiND iT hier.



