Man wat homself as vrou voordoen smeer koek oor ‘Mona Lisa’

Deel hierdie storie / Share this story

’n Man wat homself as ’n bejaarde vrou in ’n rolstoel voorgedoen het, het koek oor die Mona Lisa-skildery in die Louvre-museum in Parys gesmeer, berig BBC News.

Hierdie wêreldbekende skildery van Leonardo da Vinci hang sedert 1797 by die Louvre-museum in Parys.

Die kunswerk, wat in 1503 geskilder is en meer as R13 miljard werd is, word agter ‘n beskermende glaspaneel bewaar en is dus nie beskadig nie.

Die oortreder, met ‘n pruik en lipstiffie, het mense aangemoedig om “aan die aarde te dink”, terwyl hy van die toneel deur sekuriteitsbeamptes weggelei is.

Die voorval het Sondag plaasgevind.

Kyk die video hier:

https://youtube.com/shorts/5H-uQcA9reg