Die Gqeberha-sakeman wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou, Vicky, vermoor het, sal agter tralies bly.
Arnold Terblanche se jongste bod vir borgtog is van die hand gewys.
Die 42-jarige Vicki Terblanche is in Oktober vermoor, waarna haar lyk in ‘n vlak graf in Greenbushes, Gqeberha, gevind is.
Daar word beweer dat sy bedwelm, versmoor en moontlik verwurg is.
Op 23 Oktober is die 32-jarige Reinhardt Leach en die 24-jarige Dylan Cullis vir haar moord in hegtenis geneem.
Die saak het toe ‘n ander wending gekry toe Vicki se vervreemde man ook in verband met haar moord in hegtenis geneem is.



