Johnny Depp sal glo in ‘Beatlejuice 2’ speel

Deel hierdie storie / Share this story

Ná die Johnny Depp-Amber Heard-saak wat Vrydag tot ‘n einde gekom het, doen ‘n gerug nou die rondte dat Johnny Depp na die skerm gaan terugkeer in die film Beatlejuice 2.

Plasings van Depp-aanhangers is volop op sosiale media na die akteur se naam op ‘n call sheet op Google onder die film verskyn het.

Beetlejuice 2 sal na verwagting in 2025 bekendgestel word.

Michael Keaton (70) en Winona Ryder (50) sal ook volgens berigte in die film verskyn.