Cyril Ramaphosa deur kuberkrakers geteiken

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa se persoonlike inligting is deur kuberkrakers verkry. Dit sluit inligting oor waar hy woon, sy ID en sy selfoonnommer in.

Die kuberkrakers het daarin geslaag om die private IP-adresse van die regering se bedieners, hul domeine en internetdiensverskaffers te identifiseer.

Volgens My Broadband staan die kuberkrakers bekend as SpiderLog$.

Hulle het daarin geslaag om toegang te verkry tot al die president se persoonlike besonderhede sowel as die besonderhede van ‘n lening wat hy in die 2000’s aangegaan het.

Die kuberkrakers poog om swakhede in Suid-Afrika se sekuriteitstelsels bloot te lê.

“Suid-Afrika is ’n speelplek vir kuberkrakers omdat enigiemand in staat is om jou land se digitale infrastruktuur te karteer,” het die groep op SundayTimes gesê.

SpiderLog$ beweer dat hulle skermkiekies na dieselfde publikasie gestuur het om te bewys dat hulle toegang tot ons sensitiewe militêre en intelligensiedata het.

Bronne: The South African, My Broadband

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Susters wag vir vonnis in onwettige aborsiesaak