Hoër Meisieskool Oranje se triomf

Deel hierdie storie / Share this story

Die Hoër Meisieskool Oranje het Donderdag (26/05) ’n goeie dag op die netbalbane gehad deur in 12 van sy 15 eindstryde in die Motheo-liga te seëvier.

Een van die 12 wenspanne is die o.18A’s wat die Hoërskool Sentraal met 39-35 verslaan het en daarmee die Tralies as ligakampioen onttroon het. Dit was maar slegs die Oranjeniete se derde triomf as ligawenners in die laaste 27 jaar.

Oranje het nou 32 van sy laaste 33 wedstryde vanjaar gewen en lê derde op die jongste nasionale ranglys. Seges is behaal oor ses skole in die top 10 op die ranglys, naamlik Affies, Menlopark, Helpmekaar, Bloemhof, Durbanville en Monument.

*PERSVERKLARING

Lees ook: Cyril Ramaphosa deur kuberkrakers geteiken