Marc Buckner, seisoen twee se ster van The Bachelor South Africa, het sy voorneme om permanent na die buiteland te verhuis, bekendgemaak.
Die Kaapstadse model en fiksheidskenner het dié week die onthulling aan die tydskrif You gemaak.
The Bachelor SA-alumni – wat sy finale roos aan Marisia van Wyk gegee het – het gesê hy is gretig om in die buiteland te werk en hom daar te vestig.
Hy het gesê: “Ek wil Suid-Afrika verlaat. Ek probeer al sewe maande emigreer, maar ek sukkel met ’n paspoort en wag vir binnelandse sake.”
Vir eers sal Marc sy modelloopbaan in Turkye gaan voortsit. Hy het bygevoeg: “Ek wag net vir my agentskap om die kaartjies te bespreek. Maar hopelik gaan ek hierdie naweek op ‘n vliegtuig klim na Istanbul. Ek wil ook Duitsland toe gaan vir werk en dan by vriende in Griekeland en Italië gaan kuier. As ek die paspoort kan kry, sal my toekomstige gesin dit ook kan gebruik”.
Volgens die tydskrif You het Marc met Marisia uitgemaak nadat hy in ‘n aan/af-verhouding was sedert hul deelname aan The Bachelor SA.
In Julie 2021 het Marc onthul dat hy en Marisia se paaie “geskei” het nadat hulle hul verhouding nog ‘n kans gegee het ná hul in 2020 uitmekaar is.
Bronne: The World News, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Wladimir Poetin se kanker versleg glo



