Bejaarde man dood in huisbrand

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde man is dood toe sy huis Saterdagoggend in Athlone in Durban-Noord aan die brand geslaan het. Nooddienste kon sy vrou uit die huis red.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê Netcare 911 het Saterdagoggend om 06:00 reageer op die oproep dat die huis aan die brand is.

“Toe paramedici op die toneel aankom, het rook by die huis se vensters en deure uitgekom,” sê Herbst. ‘n Lid van Marshall Security Armed Response het die huis binnegegaan en kon ‘n bejaare vrou uit die huis red.

Die brandweer kon die brand blus, maar die huis is heeltemal vernietig, sê Herbst. Die bejaarde man se liggaam is later in die huis gevind.

Omstandighede oor die brand is nog nie vasgestel nie, maar die Greenwood Park-polisie ondersoek die saak.