Ten minste 11 mense is dood en 52 is beseer na hulle in 2020 in Colombia besig was om petrol uit ‘n brandstoftenk te steel en die tenk ontplof het.
FiND iT het gister die video gedeel na dit weer op sosiale media opgeduik het.
Manuel Cataño het die vragmotor bestuur toe hy beheer verloor het en met die vragmotor in ‘n ongeluk was.
Inwoners van Tasajera, Magdalena, het om die vragmotor se tenk saamgedrom om te probeer om van die petrol uit die tenk te steel.
Die voorval het op 6 Julie 2020 plaasgevind.
Volgens Daily Mail het die vragmotorbestuurder die inwoners gewaarsku om van die tenk af weg te bly.
Die polisie het gesê daar was 120 mense op die toneel.



