Die nasionale lotery Ithuba het mense versoek om hul kaartjies na te gaan, aangesien ‘n Lotto-kaartjie ter waarde van meer as R20-miljoen hierdie Saterdag verval.
Die Lotto-boerpot is in die trekking van 29 Mei 2021 gewen en bly onopgeëis.
Die kaartjie is in die Carletonville-omgewing in Gauteng gekoop.
Ithuba sê indien die kaartjie onopgeëis bly, sal die geld vir die nasionale loteryverspreidingsfonds (NLDTF) aangewend word en vir goeie doeleindes gegee word.



