Ashley Oosthuizen kry moontlik koninklike kwytskelding

Deel hierdie storie / Share this story

Ashley Oosthuizen van George wat lewenslange tronkstraf weens dwelmhandel in ‘n Thaise tronk uitdien, kan moontlik in Julie koninklike kwytskelding kry.

Die 23-jarige Oosthuizen is aanvanklik ter dood veroordeel na sy op 8 Oktober 2020 by ‘n restaurant in Thailand in hegtenis geneem is.

Die restaurant het aan haar Amerikaanse kêrel behoort. ‘n Pakkie is glo die dag by die restaurant afgelewer en Oosthuizen het daarvoor geteken. Die pakkie het dwelms bevat.

Lees ook: Tiener (19) se verlowing aan bejaarde (76) begin debat oor ouderdomsgaping

Tristan Nettles, Oosthuizen se Amerikaanse kêrel, het vroeër ‘n verklaring op die webtuiste wat hy vir Oosthuizen geskep het, gesê dat hy verantwoordelikheid neem vir die pakkie en dat Oosthuizen onskuldig is.

Nettles het onlangs op Facebook gesê Oosthuizen hoop op koninklike kwytskelding wat moontlik op 31 Julie op die koning se verjaardag kan plaasvind.