Man wat tweejarige glo vermoor laat vaar borg

Deel hierdie storie / Share this story

Stefan van Niekerk, die man wat daarvan verdink word dat hy die tweejarige Chevonne Rusch mishandel en toe vermoor het, het Woensdagmiddag sy borgaansoek laat vaar.

Hy sal nou in aanhouding bly tot sy verhoor op 19 Junie begin.

Die polisie is twee weke gelede na ’n kliniek in Primrose, Ekurhuleni, ontbied waar hulle ingelig is dat Chevonne deur haar toekomstige stiefpa na die kliniek gebring is en kneusplekke aan haar lyf gehad het.

Sy is met haar aankoms dood verklaar.

Van Niekerk is aan Chevonne se ma, Rochelle Botha, verloof