‘Johnny het my nooit van die trappe af gestamp nie,’ sê Kate Moss

Deel hierdie storie / Share this story

Johnny Depp (58) het die Britse supermodel Kate Moss (48) nooit tydens hulle verhouding van trappe af gestamp nie.

Só het Moss Woensdag in die hof in die Amerikaanse deelstaat Virginië via video getuig.

Moss is na die getuiebank genooi na Amber Heard (36), Depp se eks-vrou, tydens die hofverrigtinge gesê het sy het Depp geslaan om haar suster te beskerm toe hy haar van die trappe af wou stamp. Heard het verwys na Kate Moss en gesê Depp het haar ook destyds van trappe af gestamp.

Moss en Depp was in die 1990’s vir ongeveer vier jaar in ‘n verhouding.