Die sanggroep Die Antwoord het nou reageer op bewerings van seksuele, fisiese en emosionele aanranding wat deur hulle aangenome seun, Gabriel “Tokkie” du Preez, gemaak is.
Du Preez is deur Yolandi Visser en Ninja aangeneem toe hy maar nege jaar oud was. Gabriel, nou 20, praat in ‘n onlangse onderhoud met Ben Jay Crossman oor die jare se beweerde uitbuiting, seksuele en fisiese aanranding wat hy glo ervaar het na hy aangeneem is.
“Tokkie is ‘n jong man (20) wat Ninja en Yolandi aangeneem het toe hy ‘n kind was,” skryf Die Antwoord op Facebook.
VIDEO: Leeu byt man se vinger af in dieretuin
“Toe Tokkie egter ouer word en begin dwelms gebruik, het Ninja en Yolandi hulle voet neergesit en opgehou om hom finansieel te ondersteun,” beweer Die Antwoord nou.
Die sanggroep sê Ben Crossman het Tokkie gekontak en saam met hom begin werk aan ‘n “vals nuusveldtog” oor sy “aaklige tyd” met Die Antwoord.
Die onderhoud tussen Crossman en Tokkie is op YouTube geplaas.
Die video het ook ‘n PayPal-rekening by sodat mense kan bydra om Tokkie te help om sy huis reg te maak.
Die Antwoord beweer nou dat dié donasies tussen Tokkie en Crossman gedeel is.
Die Antwoord sê dié verduideliking is om almal in te lig oor hulle kant van die saak.



