Die liggaam van ‘n man wat met sy drie honde vermis geraak het terwyl hy gejag het, is Sondag langs ‘n ongeteerde pad in Tongaat, KwaZulu-Natal (KZN) ontdek.
Tongaat is een van die gebiede wat die afgelope tyd deur stortreën in die provinsie geteister is.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het Saterdag ‘n rooi Vlak 10-waarskuwing vir KZN uitgereik wat ook vir Sondag gegeld het.
Volgens Reaction Unit South Africa (RUSA) het ‘n verbyganger die ontdekking by die skakel tussen Maidstone en Brake Village gemaak.
Met die reaksiebeamptes se aankoms was metropolisie reeds op die toneel.
Die liggaam van die bejaarde man is ondersoek. Hy het geen teken van lewe getoon nie.
“Daar is vasgestel dat die 65-jarige man en ‘n buurman gisteraand hul huis in Tongaat, KZN verlaat het om kleinwild in die suikerrietplantasie te jag. Hulle is tydens die jag uitmekaar, maar die bejaarde man en sy drie honde het nie na sy voertuig terugkeer nie. Sy buurman het teruggestap na sy woning en sy familie ingelig, wat ’n soekgeselskap van stapel gestuur het. Die man se lewelose liggaam is vanoggend langs ‘n ongeteerde pad ontdek. Sy drie honde het by sy liggaam gebly,” volgens RUSA.
Die oorsaak van die man se dood is nog nie bekend nie.
Bronne: The World News, The South African
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Swaar reënval vir KwaZulu-Natal verwag



