KYK: Deel van woonstelblok stort ineen, spoel weg in KZN-vloede

Deel hierdie storie / Share this story

Verskeie inwoners in Umdloti noord van Durban is haweloos gelaat nadat ‘n deel van ‘n blok woonstelle in ‘n kompleks in die gebied weggespoel het.

Swaar reënval en modderstortings het daartoe gelei dat die grond om en onder die geboue ineengestort het.

Die hele Surfside-kompleks moes ook ontruim word as gevolg van die skade van die KZN-vloede Noodsoek- en reddingsbeamptes is besig met operasies in die gebied.

Dit is nog nie duidelik hoeveel mense beseer of dood is nie. Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, en haar inter-regeringskomitee oor rampbestuur, het vergader om die voortslepende storm en KZN-vloede te bespreek.

Die komitee is van mening ‘n reeds haglike situasie gaan vererger met die voorspelling dat die reën na verwagting eers Maandag gaan ophou.

Die grond in baie gebiede is nog nat, en kan maklik as gevolg daarvan oorstroom word.

Die komitee sê hy sal voortgaan om te werk om diegene in gevaar te identifiseer, sodat hulle na veiligheid ontruim kan word.

Bronne: The South African, Twitter, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: KZN kry vlak 4-weerwaarskuwing vir die naweek