Verbyganger sien liggaam op die Tongaat-rivieroewer

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man is Donderdag op die oewer van ‘n rivier gevind.

Volgens Prem Balram van Reaction Unit SA is die slagoffer se liggaam onder ‘n brug in die omgewing van die Maidstone-omgewing ontdek.

“’n Verbyganger het ons kantore gekontak en hulp gevra nadat hy die ontdekking gemaak het. Met hul aankoms het RUSA-lede langs die spoorlyn gestap totdat hulle die rivieroewer bereik het. By nadere ondersoek is gevind dat die oorledene ‘n kopbesering opgedoen het. Sy sakke was na buite gedraai. Dit kon nie vasgestel word of hy geval het of van die brug hierbo af gestamp is nie, aangesien die vangrelings ontbreek het.”

Balram sê Tongaat SAPD was op die toneel en gaan voort met die ondersoek.

Luitenant-kolonel Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer wat vermoedelik in sy 40’s was, het ‘n besering aan die agterkop opgedoen.

“’n Geregtelike doodsondersoekdossier is in die Tongaat-polisiestasie geopen vir ondersoek. Die saak word nog ondersoek.”

Bronne: The South African, IOL

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Menslike skeletoorblyfsels in Oakford-veld gevind