Heerlike melkkos met kondensmelk vir die koue

Deel hierdie storie / Share this story

Is jy dalk lus vir melkkos die naweek? Moenie verder soek nie, hier is die perfekte resep!

Bestaddele:

  • 1 blik kondensmelk
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 eetlepels botter
  • 1 teelepel sout

Metode:

Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter in tot dit soos krummels lyk.
Kook die kondensmelk en nog 4 blikke kookwater op die stoof in ‘n lekker groot kastrol.
Voeg die meelmengsel by die kondensmelkmengsel en roer aanhoudend totdat daar nie enige groot klonte is nie.
Laat dit vir so 5 minute prut of tot gaar en bedien met kaneelsuiker.

Resep: Drienie Hattingh, Your Recipe Blog