Die Universiteit Stellenbosch sê die verkragtingslagoffer wat glo op die universiteit se grond verkrag is, is nou veilig en ontvang versorging.
Dit volg na ‘n student by dié universiteit gisteroggend in hegtenis geneem is vir beweerde verkragting.
“Die bestuur van die Universiteit Stellenbosch het met groot ontsteltenis kennis geneem van ‘n beweerde verkragting op die Stellenbosch-kampus. Die rektor en bestuur van die universiteit veroordeel alle vorme van misdaad en enige skending van menseregte, waaronder geslagsgebaseerde geweld, ten sterkste en het onmiddellik daad by die woord gevoeg wat ondersteuning aan die slagoffer, die ondersoek, en tugproses betref. Die beweerde oortreder, ‘n student van die US, is gisteroggend deur die SAPD in hegtenis geneem en sal deur die universiteit uit sy koshuis geskors word, hangende verdere interne en kriminele ondersoeke deur wetstoepassingsowerhede. Die slagoffer is tans veilig en ontvang versorging.
Lees meer: https://bit.ly/39vFbdf



