Sesjarige Pta-dogtertjie deur pitbull verskeur

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sesjarige dogtertjie van Atteridgeville is Maandag in die Marabastad- informele nedersetting deur ‘n pitbull verskeur.

Klein Charmaine Munepya (5) het saam met vriende in hulle erf gespeel toe die pitbull deur die heining gebreek het.

Van die maats het weggehardloop, maar die pitbull het Munepya gegryp.

Die hond se eienaar is glo ‘n 18-jarige student en was nie by die huis toe die voorval plaasgevind het nie.

Die dogtertjie het glo probeer kruip om van die pitbull af weg te kom, maar hy het haar bly sleep.

Die ander kinders wat saam met die dogtertjie gespeel het, is getraumatiseer na wat hulle moes sien.

Charmaine se pa, Cedrick Mahodi, sê in ‘n onderhoud met Times Live hy was by die werk toe hy die oproep gekry het dat sy dogter deur die hond aangeval is.

“Toe ek daar aankom, het ek my kind na die Pretoria-Wes hospitaal geneem, maar sy was reeds dood.”

“Ek kan niks doen nie en ek wil niks doen nie,” sê hy. “As ek geweet het, het ek haar saam met my geneem.”