’n 25-jarige man het Woensdag 18 Mei, ’n dag ná sy inhegtenisneming, in die Frankfort-landdroshof verskyn omdat hy na bewering sy stiefpa gesteek en aangerand het.
Kaptein Malebo Khosana, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het gesê die voorval het Dinsdagoggend in Phomolong-afdeling, Frankfort, afgespeel.
“Daar word deur die 42-jarige slagoffer beweer dat hy verskeie kere gesteek is tydens ‘n huishoudelike dispuut met sy stiefseun,” het Khosana gesê.
Mpho Khoase se ma het glo die bure gebel en die slagoffer en beskuldigde is uiteindelik uitmekaargemaak. Die stiefpa is na ‘n plaaslike hospitaal gehaas.
Hy het ‘n klag teen Khoase aanhangig gemaak nadat hy ontslaan is. Khoase is dieselfde dag in hegtenis geneem en van poging tot moord aangekla.
Hy was Woensdag in die hof in aanhouding.
Die saak is tot Dinsdag 24 Mei uitgestel vir verdere ondersoek, het die polisiewoordvoerder gesê.
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Creecy verdedig SA-stormvoorspellings



