Wes-Kaap-bloedbank het bloedtekort

Die Wes-Kapenaars word versoek om bloed te skenk, aangesien die bloedbank se voorraad kritiek min raak.

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKBS) sê hulle eervaar ‘n bloedvoorraadtekort en is onder erge druk om bloedtoevoer op die vereiste vlakke te hou.

Die diens het die afgelope weke gesukkel om die vereiste bloedvoorraadvlakke te handhaaf.

Dit is as gevolg van uitdagings met die insameling van bloed en ‘n toename in bloedgebruik.

Die diens se Marike Gevers sê die WKBS het een dag se voorraad van O-bloedgroepe oor, wat beteken dat pasiënte se lewens in gevaar is.

Leave a Reply

Your email address will not be published.