Op sommige plekke kan dié week selfs sneeu op die berge in Suid-Afrika verwag word.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ‘n kouefront word vir Woensdagmiddag oor die suidwestelike kusgebiede voorspel.
Die weerdiens sê ook reën Donderdag kan oor die sentrale en suidelike dele van Suid-Afrika verwag word.
Ligte sneeuval kan ook oor die hoogliggende gebiede van die Suidoos- en Oos-Vrystaat voorkom.
Lees ook: Eenskottel-hoender-noedelgereg (met min skottelgoed)



