Eenskottel-hoender-noedelgereg (met min skottelgoed)

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie resep is PERFEK vir jou gesin vir die naweek wat Kimberley sonder water gaan wees. ‘n Heerlike eenskottel-hoender-noedelgereg met min skottelgoed.

Bestanddele:

1 gaar hoender in stukkies

1½ koppie noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonnaise

1 groot pak Simba-skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)

50 ml vars gekapte pietersielie

2 eiers geklits

Metode:

Meng hoender, noedels, mayonnaise en die helfte van die skyfies. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor.

Strooi nou die ander helfte van die skyfies bo-oor.

Bak 20/25 min by 190 grade C tot gaar en goudbruin.

Resep: Kreatiewekosidees.com