Die 39-jarige verdagte is Maandag in Protea Glen in hegtenis geneem, het kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, gesê.
“Die polisie het op die verdagte toegeslaan by sy eiendom, waar ‘n aangemelde gesteelde iPhone saam met 14 weerkaatsbaadjies van die Johannesburgse metropolisiedepartement (JMPD) gevind is.”
“Daar word beweer dat die verdagte die weerkaatsbaadjies gebruik het om hom as ‘n polisiebeampte voor te doen en mense op paaie voorgekeer het met die doel om hulle te beroof.”
“Verdere ondersoeke het aan die lig gebring dat die verdagte, wat ’n bestuurder by ’n koeriermaatskappy is, verbind word met 12 sake van roof waarin dieselfde verdagte glo ’n slagoffer was nadat hy vermoedelik valslik beweer het hy is beroof van goedere wat afgelewer moes word.”
Die sake is in Johannesburg en Ekurhuleni geopen.
Die verdagte sal na verwagting binnekort in die hof verskyn op aanklagte van diefstal, meineed en die besit van polisie-uniforms.
Bronne: Sowetan LIVE, Twitter, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Unisa-regstudent vrygespreek van polisiebeampte se dood



