Vier belangrike veranderinge vir WhatsApp

Deel hierdie storie / Share this story

WhatsApp het vier belangrike veranderinge aangekondig waarvan jy moet weet.

Een van die veranderinge is as jy nou ‘n groep verlaat, gaan net jy en die WhatsApp-groepadministrateur weet daarvan.

Nog ‘n verandering is as jy ‘n skakel op jou “status” sit, sal dit nou met ‘n voorskou pleks van net die teks wys.

Die derde verandering is dat emoji-reaksies nou op die jongste weergawe van die toepassing beskikbaar is.

WhatsApp het ook gesê dat jy nou lêers binne WhatsApp tot 2 GG groot op ‘n slag kan stuur, beskerm deur end-tot-end-enkripsie.

En laastens, jy sal tot 512 mense by ‘n groep kan voeg.

Bronne: MSN, The World News

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Nog veranderinge aan WhatsApp