Kleuters se beweerde mishandeling by Pretoria crèche op kamera vasgevang

Die ma het genoem dat haar kind soms met kneusplekke huis toe kom, maar wanneer hulle die crèche vra wat gebeur het, word hulle vertel dat die kind seergekry het terwyl hy gespeel het.

Kleuters se beweerde mishandeling by Pretoria crèche op kamera vasgevang

Kleuters se beweerde mishandeling by Pretoria crèche op kamera vasgevang foto: MSN

Die polisie ondersoek twee sake van aanranding nadat video’s van kleuters wat deur onderwysers by ‘n kleuterskool in Pretoria Tuine hanteer en geslaan word, aan die lig gekom het.

’n Voormalige onderwyser by Darwin’s Educational Playground Aftercare Crèche het glo die mishandeling aanskou en by verskeie geleenthede probeer om ouers te waarsku.

Volgens ’n berig deur Rekord Newspaper word Darwin se Educational Playground Aftercare Crèche besit deur twee susters, Lizelle Guida Zimmermann en Lucinda Correia, wat ook by die skool skoolhou.

Hul ma, Anna Peyper Correia, is ook betrokke as onderwyser.

“Ek het eenkeer gesien hoe een van die onderwysers ‘n kind slaan. Ek het haar gevra hoekom sy dit doen en sy het gesê dit is nie my besigheid nie,” het Tiffany Mostert gesê.

Sy het gesê sy het eendag vir ‘n ouer vertel van hul kind wat “mishandel” is en die ouer het haar nie geglo nie en vir bewyse gevra.

Ná daardie voorval het sy besluit om skelm video’s van die “mishandeling” te neem om aan ouers te wys.

Mostert het bygevoeg dat dit vir haar moeilik was om te sien dat al hierdie kinders so behandel word en daarom het sy besluit om by die werk te bedank.

’n Ma wie se kind glo ook by die crèche mishandel is, het gesê sy was geskok om te hoor van die video’s van iemand wat iets op sosiale media geplaas het.

“Ek het ‘n plasing gesien van iemand wat praat oor kinders wat by ‘n kleuterskool in Pretoria Tuine mishandel word. Ek het dus vir die persoon ‘n boodskap gestuur en gevra van watter een sy praat. Sy het my gevra om die naam te deel van die crèche waarin my kind was en ek het, en sy het vir my ‘n video gestuur wat wys hoe ‘n dogtertjie rondgestoot word. Ek het dadelik geweet dis my dogter en ek het haar gaan haal,” het die ma gesê.

Die ma het genoem dat haar kind soms met kneusplekke huis toe kom, maar wanneer hulle die crèche vra wat gebeur het, word hulle vertel dat die kind seergekry het terwyl hy gespeel het.

Verder het die ma gesê sy het intussen haar kind uit die crèche gehaal en sal kyk om haar vir berading te neem.

Die kleuterskool se prokureur, Jaco Koster, wat namens die eienaars gepraat het, het aan Rekord Newspaper gesê dat hulle nie die gebruik van lyfstraf by hul skool goedpraat of toelaat nie.

“Ons poog om elke kind in ons skool as ons eie te behandel, en ons ondersoek die bewerings.”

Bronne: Tame Times, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Paartjie steek hulself aan die brand tydens huwelikseremonie

Skrywer:

Leave a Reply

Your email address will not be published.