Die Russiese president Wladimir Poetin is “baie siek met bloedkanker”, blyk dit nou na ‘n geheime stemopname aan New Lines Magazine uitgelek het.
Die nuus is in ‘n artikel waarin New Lines Magazine Poetin se gesondheid breedvoerig bespreek, bekendgemaak.
Die Russiese oliarg wat in die stemopname gehoor kan word, het glo nie geweet dat hy opgeneem word nie.
In die opname kla hy ook oor Poetin se besluit om Oekraïne binne te val. – MARCA, The Times of Israel, New York Post



