Daar word steeds gesoek na die 67-jarige Hans Erasmus wat Dinsdagoggend die laaste keer in Potchefstroom gesien is waar hy woonagtig is.
Hy het geen aanduiding gegee van sy planne of waarheen hy op pad is nie.
Aanvanklik is vermoed dat hy in die rigting van Parys beweeg het, maar mense het Woensdagaand gesê dat hy in Viljoenskroon gesien is.
Hy is te voet uit Potchefstroom en het nie ‘n selfoon by hom nie. Daar word vermoed dat hy ‘n saamrygeleentheid gekry het.
Hy kan nie praat nie omdat hy sy stembande as gevolg van keelkanker verloor het.
Sy dogter is baie bekommerd oor hom.
As jy enige inligting het wat kan help om hom op te spoor, skakel asseblief sy dogter, Hendrien by 074 331 9085.




