Die voormalige Australiese krieketspeler Andrew Symonds is (46) dood nadat hy in ‘n motorongeluk betrokke was.
Die veelsydige speler het 26 toetse tussen 1998 en 2009, 198 eendagwedstryde en 14 Twenty20’s vir Australië gespeel.
Die polisie in Queensland het gesê vroeë inligting dui daarop dat Symonds se motor “die pad verlaat en gerol het”.
’n Verklaring het bygevoeg: “Nooddienste het probeer om die 46-jarige bestuurder en enigste insittende te laat herleef, maar hy het aan sy beserings beswyk.
“Die forensiese ongelukseenheid ondersoek die ongeluk.”
Symonds se vrou Laura het aan die Brisbane Courier Mail gesê: “Ons is steeds in skok – ek dink net aan die twee kinders.”
Krieket Australië het gesê hy is “geskok en hartseer oor die nuus”.
Bronne: BBC, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Eskom kondig weer fase 2-beurtkrag aan



