Vroue in Spanje kry dalk 3-5 dae menstruasieverlof

Dit blyk nou dat Spanje nuwe wetgewing wil instel waarvolgens vroue siekverlof kan kry wanneer daardie pynlike tyd van die maand aanbreek.

Die beoogde wetgewing, wat nog in die beginstadium is, is aan die Spaanse media gelek.

Dit sal Spanje die eerste land maak wat menstruasieverlof het.

“Ons is besig om vordering te maak, sodat dit nie meer normaal is om in pyn werk toe te gaan nie en ‘n einde aan die stigma, skaamte en stilte rondom menstruasie maak,” sê Spanje se gelykheidsminister, Irene Montero.

Dié wetgewing sal ten minste drie siekverlofdae vir vroue met menstruasiepyne gee, maar die siekverlof kan tot vyf dae strek vir vroue wat ernstige krampe, naarheid en duiseligheid ervaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published.