Jong man (23) kan trane nie keer by gradeplegtigheid

Die 23-jarige Dumisani Ngobese kon nie sy trane keer toe hy Vrydag sy graad by die Universiteit van KwaZulu-Natal ontvang het nie.

Hy is tans besig met sy honneursgraad en sê hy was “oorval van emosie” toe hy op die lang en moeilike pad terugkyk tydens die gradeplegtigheid.

Ngobese is deur sy ouma in Bhukhanana grootgemaak. “My ouma was die enigste broodwinner in die huis waar meer as 10 kinders gewoon het.”

Ngobese se ouma kon nie Vrydag by die geleentheid wees nie, maar sy ma en tannie het dit wel bygewoon.

Hy het ook, ten spyte van die feit dat hy nie ‘n pak kon bekostig nie, besluit dat hy steeds daar moet wees.

Hy sê sedert sy foto op die universiteit se sosiale media-platforms verskyn het, het hy soveel oproepe ontvang van mense wat hom gelukwens.

“Ek is oorweldig deur die hoeveelheid oproepe wat ek kry, soveel dat ek nie eers op almal kan reageer nie. Ek is so dankbaar vir almal wat vir my liefde wys.” – University of KwaZulu-Natal, Facebook.

Leave a Reply

Your email address will not be published.