Rosa Isabel Cespedes Callaca se vriende en familie was uit die aard van die saak geskok toe sy by haar eie begrafnis, na sy in April in ‘n motorongeluk was, vanuit haar eie kis geklop het.
Callaca is dood verklaar na die ongeluk en familie en vriende het met reëlings vir haar begrafnis voortgegaan.
Lees ook: ‘Help my seun, asseblief,’ smeek ma na hy femur breek in rugbywedstryd
Tydens die begrafnis het mense geluide vanuit die kis gehoor en besluit om dit oop te maak. Callaca het haar oë oopgemaak en “tekens van lewe” getoon.
In die video is dit sigbaar hoe haar kis by die begrafnis weggevat word.
Sy is egter ure later in die hospitaal oorlede, na sy op lewensonderhoudende masjiene geplaas is.
Haar familie glo nou dat sy net in ‘n koma was toe sy dood verklaar is.
Die polisie probeer ook nou uitvind of persone by die hospitaal waar sy opgeneem was voor sy dood verklaar is, haar sonder behoorlike hersiening na die lykshuis gestuur het. – The Sun, Business Guide Africa, Mirror



