‘Help my seun, asseblief,’ smeek ma na hy femur breek in rugbywedstryd

Die ma van die 17-jarige seun wat tydens ‘n rugbywedstryd sy bobeen gebreek het, smeek SA’ners om saam te staan om haar seun so gou moontlik in ‘n privaathospitaal te kan laat opneem.

Jonathan Barnard, ‘n rugbyspeler en leerling aan Hoërskool Fichardtpark, het Saterdag in ‘n wedstryd teen Hoërskool Sentraal sy femur gebreek toe ander spelers bo-op hom geval het.

Hy is in die hospitaal opgeneem en is tans in die staatshospitaal. Sy ma, Marisa, sê hy het ‘n baie dringende operasie nodig en dat hy in geweldige pyn is.

Sy skool, Hoërskool Fichardtpark, het ‘n fondsinsameling begin om Jonathan by ‘n privaathospitaal te kry.

Marisa sê sy het nou ‘n kwotasie van MediClinic in Bloemfontein ontvang. “Ons moet R93 000 kontant neersit voor hy opgeneem kan word. Dit sluit nie eers die narkotiseur, bloedtoetse of dokters in nie.”

“Ons het gister selfs by ‘n robot gestaan saam met van die skoolkinders en pamflette uitgedeel. Asseblief, help my seun. Al is dit met ‘n 50c of ‘n R1.”

Barnard het nie ‘n mediese fonds nie.

Indien jy ‘n bydrae wil maak, hier is die skool se bankbesonderhede:

Naam van rekening: Hoërskool Fichardtpark
Bank: Standard Bank
Takkode: 051001
Rekening Nommer: 041295781
Tipe Rekening: Lopende Rekening
Verwysing: JB 001

Lees die vorige berig hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published.