SA’ners verdeel oor Spar ‘nagklere verbied’

(Foto: The South African)

(Foto: The South African)

‘n Twiet wat wyd versprei is van ‘n kennisgewing van ‘n Spar-winkel wat klante “verbied om met nagklere te kom inkopies doen”, veroorsaak nou ‘n debat onder Suid-Afrikaners. Sommiges meen die aankondiging is ‘n “oorwinning vir higiëne”, terwyl ander meen Spar diskrimineer teen persone wat in nagklere slaap.

“Probeer Spar sê mense wat in nagklere inkopies doen is arm en verdien nie om daar te koop nie?” vra een Twitter-gebruiker.

Nog ‘n gebruiker sê solank jy net nie deurskynende nagklere aanhet nie, behoort jy steeds te kan dra wat jy wil wanneer jy kruideniersware gaan koop.

Iemand sê dis onhigiënies om in jou nagklere winkel toe te gaan voordat jy gebad het, en nog ‘n gebruiker kap terug en sê dat jy gewone klere ook kan aanhê as jy nog nie gebad het nie.

Spar het nog geen aankondiging in die verband gemaak nie.

Lees ook: Klein Liané Roux word te ruste gelê

Hoe voel jy daaroor?

Leave a Reply

Your email address will not be published.