Suid-Afrika glo gevaarlikste land om in te bestuur

Deel hierdie storie / Share this story

Onlangse data van Zutobi het rytellings vir lande regoor die wêreld gegee op grond van faktore soos veiligheidsgordelgebruik, alkoholverwante ongelukke en spoedgrens.

Suid-Afrika het ‘n teleurstellende veiligheidstelling gekry van 3,41 uit 10.

Volgens hierdie data hou ‘n geraamde 57,5% van die padverkeersterftes in Suid-Afrika verband met alkoholverbruik.

Hierbenewens dra slegs 31% van die passasiers wat op die voorste sitplek sit veiligheidsgordels.