Mans by stortingsterrein met glasstukke en bakstene aangeval

SASOLBURG. – “Só lyk mens as jy deur ses mans by die vullishope in die dorp aangeval is.”

Dit was Saterdag mev. Theresa Ross se verduideliking toe sy die foto van ‘n jong man met ‘n gapende sny aan sy bolip, op Facebook geplaas het.

Theresa sê haar seun, haar swaer, sy seun en skoonseun is Saterdag na die stortingsterrein langs Sasolburg se begraafplaas agter die tronk, om ‘n vrag vullis te gaan aflaai, berig Vaalweekblad.

Ses mans het skielik uit die stortingsterrein te voorskyn gekom en die vier familielede met gebreekte bottels en bakstene aangeval,” sê sy. “My swaer, Peter Vera, is geslaan en toe hy val, is hy geskop en met grawe wat die aanvallers uit die voertuig gegryp het, gedreig. Een het ‘n graaf teen my swaer se keel gehad terwyl hy gelê het.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.