Die saak teen die vrou van Ballito in KwaZulu-Natal wat daarvan beskuldig word dat sy haar vierjarige dogter in ʼn emmer water verdrink het, is vroeër vandag in die Kwadukuza-landdroshof uitgestel.
Die ma is voor haar hofverskyning toegelaat om vir ʼn paar minute met haar regsverteenwoordiger te praat.
Die saak is tot 9 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.
Daar moet luidens berigte onderhandelings oor ʼn moontlike pleitooreenkoms afgehandel word.



