‘n 20-jarige verkragter is Maandag in die hof op De Aar vyf jaar tronkstraf opgelê, slegs ‘n paar maande na die 15-jarige meisie wat hy verkrag het, geboorte gegee het.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die 20-jarige man is aan statutêre verkragting skuldig bevind.
Die departement van maatskaplike ontwikkeling het op 10 Februarie die polisie gebel oor ‘n 15-jarige meisie wat geboorte gegee het. Die polisie het die saak begin ondersoek en die slagoffer het aan die polisie erken dat dit die 20-jarige man was wat haar verkrag het.
Die man is vir ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.



