‘n Taxibestuurder het na bewering heroïne ter waarde van ongeveer R2 miljoen van Namibië na Suid-Afrika gesmokkel.
Die 30-jarige taxibestuurder is Maandag by die Vioolsdrift-grenspos in hegtenis geneem.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die Toyota Quantum wat van Namibië na SA op pad was, is ongeveer 12:15 by die grenspos deursoek, toe die polisie op die heroïne onder die passassiersitplek afgekom het.
Gamieldien sê die bestuurder het glo gesê dat hy gevra is om die pakkie in Kaapstad af te laai.
Die man sal na verwagting binnekort in die Springbok-landdroshof verskyn.



