Regulasies oor maskers en byeenkomsbeperkings in hof betwis

Geen datum is nog vasgestel vir die verhoor nie

Regulasies oor maskers en byeenkoms beperkings word betwis in hof

Regulasies oor maskers en byeenkoms beperkings word betwis in hof foto: IOL

Die regering se besluit om Covid-19-regulasies soos die verpligte dra van maskers binnenshuis permanent in wetgewing te verskans, sal in die Gautengse hooggeregshof, Pretoria, betwis word.

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die platform vir openbare deelname DearSA het met regstappe begin vir die hof om die regering se regulasies rakende die bestuur van Covid-19 te hersien en tersyde te stel ná die einde van die ramptoestand wat op 5 Mei in werking getree het.

Die organisasies het vandeesweek hul dringende aansoek ingedien en die regering moet steeds opponerende dokumente indien.

Geen datum is nog vasgestel vir die verhoor nie, hoewel die applikante gesê het dit is ‘n dringende saak wat so gou moontlik deur die hof aangespreek moet word.

Bronne: IOL, Tame Times

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Takealot stel robotwerkers in diens met afhaaltyd van drie minute

Leave a Reply

Your email address will not be published.