FNB Classic Clashes DHS: boodskap vanaf skoolhoof

Deel hierdie storie / Share this story

Diamantveld Hoërskool en die Hoërskool Noord-Kaap pak mekaar hierdie Vrydag en Saterdag op die hokkie- en rugbyveld, asook die netbalbane. 

Klik hier vir die program vir die naweek. Mnr. Leon Victor, skoolhoof van Diamantveld Hoërskool, het dié boodskap voor die FNB Classic Clashes:

Mnr. Leon Victor, skoolhoof van DHS

Dit is vir die Hoërskool Diamantveld weereens ‘n besondere voorreg om vanjaar deel te wees van die jaarlikse FNB Classic Clashes teen Hoërskool Noordkaap.

Welkom aan mnr. du Plooy, skoolhoof van Hoërskool Noord-Kaap, onderwysers, ouers, afrigters en leerders van die twee skole. Ek hoop julle geniet die dag!

Tradisioneel lewer hierdie dag opsigself besonderse sporthoogtepunte vir beide skole en ‘n mens kry opnuut bewondering vir elke kind se Godgegewe talent en die passie waarmee hy of sy die talent uitleef.
Dae soos hierdie leer ons kinders op die sportveld en selfs op die pawiljoen om eie belang ‘n slag eenkant toe te skryf en ter wille van die saak betrokke te wees. Immers haal kompetisie die beste uit enige individu. Dit is juis vanweë hierdie strewe van twee spogskole om elk in eie reg ons leerders ten beste toe te rus vir die toekoms wat op hulle wag.

Baie dankie aan FNB CLASSIC CLASHES en al die ander borge vir hul belegging in skolesport. Baie dankie aan almal wat hard agter die skerms gewerk het om die dag moontlik te maak: ouers, onderwysers en afrigters. Ons waardeer dit opreg!

Don’t aspire to be the best on the team.

Aspire to be the best for the team.