FNB Classic Clashes: 0.19 A seunshokkie-kapteine

Deel hierdie storie / Share this story
Jason Snyman, 0.19 seunshokkie-kaptein vir die Hoërskool Noord-Kaap

Jason has played hockey since age 5. “I am very positive for the Clashes this weekend and quite excited. We have been preparing very long so I’m confident about our team playing. Just believe in yourself and each and every one of your teammates, hard work always pays off.
“I’m very excited to be playing hockey again and that is why I’m making the best out of the opportunity I have.”

Jovan Crause, 0.19 seunshokkie-kaptein vir Diamantveld Hoërskool

Jovan het op die ouderom van sewe begin hokkie speel. Hy het in gr.5 opgehou toe hulle getrek het en weer in gr. 8 by Garsfontein begin speel. 

“Ek het aanhou speel tot ek in gr. 9 Diamantveld toe gekom het.”

Hy is positief oor die naweek. “Ek voel goed. Ons het hard gewerk en ek glo ons gaan die vrugte daarvan die naweek pluk. Ons het alreeds voorbereiding gedoen toe ons voorheen teen DHS gespeel het.”

Vir sy span sê hy: “Doen jou bes en God doen die res. Julle moet net uitgaan die naweek en julle beste gee en julle harte uitspeel. En ek aan HNK wil ek net sê expect the unexpected!”